BERGFIETS – Interskole Bergfietsryliga
Laerskool Blanco se bergfietsryers het Saterdagoggend ’n skitterende wegspring in die eerste been van die Interskole Bergfietsryliga gehad. Ons is ongelooflik trots op al ons ryers wat met vasberadenheid en deursettingsvermoë deelgeneem het.
🎉 Baie geluk aan die volgende atlete wat podiumposisies losgetrap het:
🥇 Johan Meyer – 1ste
🥇 Yada Kruger – 1ste
🥇 Jantjie Groenewald – 1ste
🥈 Anje Moolman – 2de
🥉 Reyneke Meyer – 3de
Baie geluk aan elke ryer wat deelgeneem het en ons skool so mooi verteenwoordig het. Ons sien uit na ’n opwindende seisoen vorentoe! 💪🚵♂️
