Tennis – Reef Hudson Toernooi 2025
Ons rooi- en oranjebalspanne het deelgeneem aan die Reef Hudson toernooi.
Ons is trots om te sê dat hulle ‘n blink toekoms het wat voor hulle lê.
12 spanne het deelgeneem aan die toernooi. Ons seuns wat deelgeneem het aan die oranjebal het ‘n algehele 4de plek behaal, ons dogters wat deelgeneem het aan die rooibal het ‘n algehele derde plek behaal en ons seuns wat deelgeneem het aan die rooibal het ‘n eerste plek behaal.
Baie dankie aan Maaike wat ons spanne so mooi afrig!
Ons is trots op elkeen van julle wat deelgeneem het!
