KARATE 2025
Ons as skool is baie trots op Charl van Wyngaard in graad 7, hy het nasionale Kleure verwerf in Karate.
Charl het uitgeblink hierdie afgelope naweek met twee Brons-medaljes as deel van Suid-Afrika se nasionale Karate South Africa (KSA) span, onderskryf deur die South African Sports Confederation and Olympic Committee (SASCOC), op internasionale vlak in Botswana tydens die Gaborone International Open Karate Championship 2025.
Die gesogte byeenkoms het 816 inskrywings uit 8 Afrika lande gelok nl. Botswana, Suid-Afrika, Namibië, Zimbabwe, Angola, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Malawi en Zambië. Die Suid-Afrikaanse span het ’n prysenswaardige vertoning gelewer en altesaam 40 medaljes verower.
Charl het in 2025 die volgende erekleure vir karate ontvang:
– Eden kleure uitgereik deur Eden Karate Federation.
– Karate Western Cape kleure uitgereik deur die Western Cape Provincial Sport Confederation.
– Karate South Africa kleure uitgereik deur SASCOC.
Baie geluk Charl, jy hou Laerskool Blanco se naam hoog!
