Buitesport – Nationale Karate Kampioenskappe 2025

Charl van Wyngaard het op die 2de en 30ste Aug 2025 aan nasionale karate kampioenskappe in Kaapstad deelgeneem en onder andere dubbel-goud verower. Charl is ook nou offisieël gekies as deel van Karate South Africa (KSA) se nasionale span om Suid-Afrika te verteenwoordig tydens volgende maand se internasionale toernooi in Botswana. Ons is ongelooflik trots op hom.
Charl het ook reeds sy Eden Karate Federation distrik kleure verwerf asook sy Karate Association Western Cape (KAWC) provinsiale kleure vroeër hierdie jaar.