Laerskool Blanco verwelkom Melanie Kloppers!

Ons is baie opgewonde om vir Melanie by ons nasorgspan te verwelkom. Sy sluit 1 September by ons aan en bring ’n groot liefde vir kinders en kosbare ondervinding wat ons skool se toekomsvisie verder gaan versterk.

Melanie stel haarself so bekend:
“Ek is baie lief vir kinders en hul welstand lê my na aan die hart. Ek studeer tans verder vir my BEd in Grondslagfase en my gradeplegtigheid is einde September. Ek het reeds waardevolle ondervinding as Graad R-onderwyseres, hoof van Graad 1–3-naskool, onderrig in Graad 4–7, asook ‘n Leessentrum onderwyser.”

Welkom by die Blanco-familie, Melanie!