TROLLEY DASH 2026

Die Trolley Dash was ‘n GROOT sukses.
Baie dankie aan elkeen wat ‘n kaartjie gekoop het. Julle het bygedra tot die R83 000 wat ons kon insamel.
Ons wenners het vandag die geleentheid gehad om te “dash” deur SUPERSPAR Heatherpark se gange.
Dit was groot pret gewees!
Marlienke Barnard, Alike Tait en Duné Groenewald was ons topverkopers by die skool en kon onderskeidelik items ter waarde van R500, R1000 en R1500 in hul trollies laai…..dis duidelik dat hierdie 3 van soetgoed hou😜!
Ons wenner, Jacomine, kon haar trollie , in een minuut, vul met items ter waarde van R5000. Haar trollie was gevul met vleisprodukte, biltong, koffie en ook ietsie soet.
Dit was ‘n fees om die projek aan te pak met Superspar Heatherpark.
Ons sien julle volgende jaar beslis weer!