BLANCO SE ROOIBAL- EN ORANJEBALSTERRE SKITTER OP DIE TENNISBAAN!

Wat ’n fantastiese dag vir ons jong tennisspelers by die Great Rooibaltoernooi! Ons is ongelooflik trots op elke speler wat Laerskool Blanco se naam met soveel entoesiasme en sportmanskap hoog gehou het!
ROOIBALDOGTERS – SILWER!
Vier van ons Graad 1- en Graad 2-dogters het teen drie ander spanne meegeding en ’n uitstekende tweede plek behaal! Hulle keer huis toe met silwer en kan met reg trots wees op hul prestasie. Baie geluk, meisies!
ROOIBALSEUNS – BLANCO SE JONGSTERRE!
Ons span, bestaande uit een Graad RR-seun, twee Graad R-seuns en een Graad 1-seun, het hul staal gewys teen sewe spanne, waarvan die spelers merendeels uit Graad 2 bestaan het. Vir so ’n jong span het ons seuns uitstekend presteer! Julle deursettingsvermoë, moed en liefde vir die spel maak ons baie trots!
ORANJEBALSEUNS – GOUD VIR BLANCO!
Ons oranjebalseuns het behoorlik uitgeblink en die toernooi gewen! Hulle eindig eerste uit sewe spanne en bring die goue medaljes huis toe! Wat ’n puik prestasie!
Baie geluk aan al ons spelers! Julle harde werk, spanwerk en sportmanskap maak ons trots. Dankie ook aan ons afrigters en ouers vir julle ondersteuning en bydrae tot ons kinders se ontwikkeling.