KRIEKET – Suid-Kaap o/13 Kriekettoernooi
Ons skool het die voorreg om hierdie jaar deel te neem aan die Suid-Kaap kriekettoernooi (Kwagga-liga) aangebied deur Hoërskool Outeniqua. Daar is 8 skole van regoor die Suid-Kaap wat deelneem aan hierdie toernooi.
Ons o/13A span het Woensdag teen Laerskool George-Suid o/13A gespeel. Ons seuns speel fantasies en wen hierdie wedstryd met 21 lopies. Wihandré Nel het uitstekend gekolf en slaan 105 lopies van 58 balle.
Welgedaan aan hierdie span. Ons wens julle sterkte toe vir die res van die toernooi.


