HOKKIEKLINIEK 2026 🏑

Ons kinders het die geleentheid gehad om hul hokkievaardighede te ontwikkel, nuwe tegnieke aan te leer en sommer hope pret op die veld te hê. Van dribbel en aangee tot doelgerigte oefeninge – daar was energie, entoesiasme en baie glimlagte! 💪
’n Groot DANKIE aan almal wat die hokkiekliniek moontlik gemaak het en hul tyd en kennis met ons jong spelers gedeel het. Ons waardeer elkeen se bydrae tot die ontwikkeling van ons kinders.
Dit was beslis ’n dag van leer, speel en lekker saamwees! 💙💛