FIETSRY – Oudtshoorn Jeugfees 2026
Jandro Barnard en Johan Meyer het tydens die Junievakansie deelgeneem aan die Jeugfees in Oudtshoorn.
Tydens die fees word ryers blootgestel aan verskeie dissiplines in fietsry.
As onder 11 ryers het hulle die volgende prestasies gedurende die 3 dae behaal:
Jandro Barnard (9jaar oud, maar neem deel as onder 11 ryer)
XCO – Silwer🥈
Short track – Silwer🥈
Short track scratch – Silwer🥈
Crit – Brons 🥉
Padfiets – Brons🥉
Johan Meyer (9 jaar oud, maar neem deel as onder 11 ryer)
XCO – Goud🥇
Short track – Goud🥇
Short track scratch – Goud🥇
Crit – Silwer 🥈
Padfiets – SIlwer🥈
Johan word ook aangewys as die algehele wenner vir die onder 11 seuns.
Ons is trots op beide hierdie seuns! Hierdie prestasies verg volgehoue harde werk en toewyding.
Ons sien daarna uit om hulle eendag dop te hou tydens die Cape Epic of selfs die Tour de France!
