TENNIS – Eden Mini Tennistoernooi 2026
MW Robertson het die afgelope naweek teen baie sterk opponente meegeding tydens die Eden Mini Tennistoernooi en ‘n uitstekende 2de plek in die finaal behaal.
Ongelukkig kon hy nie verder aan die toernooi deelneem nie, aangesien hy Sondag na Sun City vertrek het om Laerskool Blanco by ‘n tennistoernooi te verteenwoordig.
Ons is ongelooflik trots op jou deursettingsvermoë en toewyding.
