BUITESPORT – RUGGA ROOTS
Ons Rugga roots Rugbyseuns is vandag sommer ekstra trots!
Hulle het vandag hul splinternuwe rugbytruie ontvang en lyk nou soos ware rugbyspelers! Die opgewondenheid was duidelik sigbaar toe elkeen sy trui aantrek en gereed maak vir die seisoen wat voorlê.
Ons sien uit na baie pret, spanwerk, groei en onvergeetlike rugby-oomblikke op die veld. Sterkte aan al ons jong spelers – dra julle truie met trots en geniet elke oomblik daarvan!
