BUITESPORT NETBAL – Netbal rokkies

Wat ‘n opwindende dag vir ons Graad RR- en Graad R-leerders!
Vandag het hulle hul splinternuwe Shift-netbalrokkies ontvang, en nou is hulle amptelik volwaardige netbalspelers!
Die opgewondenheid was aansteeklik en die glimlagte van oor tot oor. Ons sien uit daarna om hierdie jong sportsterre op die baan te sien groei, leer en hul liefde vir netbal uit te leef.
Sterkte aan al ons klein netbalspelers – ons is ongelooflik trots op julle!
— with Shift Netball Academy.