BOOGSKIET 2026
Baie geluk aan Roberto met sy besondere prestasies in boogskiet!
Hy het twee medaljes ontvang nadat hy sy persoonlike beste verbeter het in die 2D- en 3D-afdelings. Daarbenewens het hy ‘n silwermedalje verwerf nadat hy algeheel 2de geëindig het in die Wes-Kaap Laerskole-afdeling vir seuns.
Asof dit nie genoeg is nie, het Roberto ook ‘n gouemedalje in die Rising Stars Blou-afdeling ontvang! 🥇
Ons is ongelooflik trots op jou harde werk, toewyding en deursettingsvermoë. Hou aan mik hoog en volg jou drome! 🎯
