VISVANG – Eden “SWD” O/13 Varswaterkampioen
Wat ’n ongelooflike prestasie! Ons is baie trots op Nica-Mari wat aangewys is as Eden “SWD” O/13 Varswaterkampioen vir die 2025/2026-seisoen!
Sy is ook bekroon as SAVOF se top presteerder in Eden vir O/13 – ’n uitsonderlike eer wat haar harde werk, toewyding en talent weerspieël.
Daarby het sy in die Eden Varswaterliga tussen alle klubs vir O/13 die volgende prestasies behaal:
🏅 Algehele eerste plek in die ligas
🐟 Meeste visse gevang
⚖️ Swaarste sak vis gevang
🎣 Swaarste Baber gevang
🐠 Swaarste Kurper gevang
🏅 Haar span wen ook die liga!
Hierdie is ’n bewys van deursettingsvermoë, passie en uitstekende sportmanskap. Ons sien uit na nog baie groot hoogtepunte op jou hengelreis.
Baie geluk met hierdie besonderse prestasies, Nica-Mari! Mag daar nog vele trofeë en groot vangste voorlê!
