LAERSKOOL PARK MINISPORT 2026
🏉🏐 Ons mini-netbal- en mini-rugbyspanne het vandag fantasties presteer teen verskeie skole!
Met nuwe taktiek en planne het ons riprugbyspan besonder goed gevaar en ons is ongelooflik trots op elke leerder wat met soveel entoesiasme, deursettingsvermoë en spanwerk deelgeneem het. 👏
Baie dankie aan al ons kinders wat altyd hulle beste gee en die skool so mooi verteenwoordig. Julle maak ons trots! 💙
’n Groot dankie ook aan al ons afrigters wat hulle tyd, energie en kundigheid in ons leerders belê. Julle harde werk en ondersteuning beteken ongelooflik baie. 🌟
