GROOT PRESTASIE – SUID-KAAP KINDERKOOR
Baie geluk aan Lilly Johnson (Gr. 7 – 2025), Aiden Pienaar (Gr. 6) en Rualize Visser (Gr7), Jané Swart en Rhodé Fourie, wat gekies is om deel te wees van die Suid-Kaapse Kinderkoor wat tans in Duitsland toer!
Hierdie is ’n ongelooflike prestasie en ’n bewys van julle harde werk, talent en toewyding. Julle verteenwoordig nie net die koor nie, maar ook ons skool en gemeenskap met trots.
Ons wens julle ’n wonderlike toer toe – mag dit gevul wees met onvergeetlike ervarings en pragtige musiek!
