🏏 BLANCO STRIKERS SKITTER KRIEKETTOERNOOI!🏏

Baie geluk aan die Blanco Strikers O/13 seuns wat hulself uitstekend bewys het tydens die Southern Cape Kriekettoernooi wat vanaf 27–29 Maart 2026 in Hartenbos plaasgevind het.
Na drie dae van harde werk, spanwerk en toegewyde krieket het hulle die groepfase oorheers en as “Top of the Log” geëindig met 6 uit 6 wedstrydwenne! 💪🔥
In ’n spannende finaal het hulle ’n welverdiende 2de plek behaal en net met 7 lopies tekort gekom.
Ons is ongelooflik trots op elke speler – julle het ware sportmangees en deursettingsvermoë gewys! 👏
🌟 Spesiale gelukwensings:
• Rulan Pretorius – 2de plek: Beste Bouler O/13
• Wihandré Nel – Beste Bouler O/13 én Beste Kolwer O/13 🏆🏆
Baie geluk manne – julle laat Blanco trots! 💙