SKAAKPROEWE
Gister het ons die eerste skaakproewe van hierdie seisoen by ons eie skool afgeskop – en wat ’n opwindende dag was dit nie!
Ons het pragtige, taktiese spel gesien en dit was duidelik dat die leerders dit vreeslik baie geniet het.
Baie dankie aan elke leerder wat deelgeneem het – ons is trots op julle entoesiasme en deursettingsvermoë.
Sterkte aan almal wat deurdring na die volgende rondte!
