SKAAK – Mzansi Interprovinsiale toernooi
Esra Muller het in Desember deelgeneem aan die Mzansi Interprovinsiale toernooi wat in Gqeberha (Port Elizabeth) plaasgevind het. Haar span het ‘n derde plek behaal!
Ons is baie opgewonde om die goeie nuus te deel dat Esra gekies is, om hierdie jaar deel te neem aan die SAJCC (South African Junior Chess Championship).
Baie geluk, Esra. Ons is trots op jou.
