KLEURE-ATLETIEK 2025

Dis die GEEL 💛 dis die BLOU 💙,
Atletiek ons hou van jou! 🏃‍♂️ 🏃‍♀️
Ons atlete en toeskouers het op Maandag en Dinsdag, 3 & 4 November gesorg vir groot vermaak. Dit het begin met die optogte en daarna die entoesiasme waarmee elke item aangepak was.
Vir ons kleiner maats was dit ‘n eerste ervaring en vir ander gesoute atlete, was dit ‘n geleentheid om rekords te verbeter!
BLOUspan het as oorwinnaars uit die stryd getree vir beide gees en atletiek!
Baie geluk aan elke atleet wat die podium gehaal het en ook aan elke toeskouer wat ‘n medalje verdien vir goeie en getroue ondersteuning!
Ons bedank graag elke persoon wat hulself beskikbaar gestel het om op te tree as beampte, sonder julle sou die byeenkoms nie moontlik gewees het nie.

Die fotos kan hier gesien en gedownload word: https://laerskoolblanco.pixieset.com/kleureatletiek2025/