ATLETIEK: Kwagga Top 10 Laerskole 2025
8 van ons atlete het deelgeneem by die byeenkoms wat aangebied was by Hoërskool Outeniqua (Kwaggas) .
Ons atlete het baie goed gevaar en as span ‘n algehele 8ste plek behaal.
Baie geluk aan:
Rhys Goosen 1ste plek in 1200m seuns o/11
Sonelle Parmitter 3de plek in gewigstoot en 6de plek diskus dogters o/12
Emmerich Griebenauw 3de plek in hoogspring en 7de plek in diskus seuns o/13
Arné Jacobs 5de plek in hoogspring dogters o/12
Lara Delport 5de plek in 70m hekkies dogters o/11
Leander Fourie 8ste plek in 80m hekkies seuns o/13
Kayleigh Zana 11de plek in diskus dogters o/13
Chrishaan Lottering het deelgeneem aan 80m en 100m seuns o/11, maar sy uitslae is onbekend.
Ons is trots op elke atleet wat deelgeneem het.
