SKAAK – Wes-Kaap Topskole toernooi 2025
Ons o/9- en o/13-dogters het die afgelope naweek aan die Wes-Kaap Topskole toernooi deelgeneem in Hermanus.
Wat ‘n fantastiese prestasie om deur te dring tot op hierdie vlak!
Ons o/9-span eindig algeheel 3de uit 7 skole en wen die brons medalje!
Twee dogters in hierdie span wen ook bordpryse wat beteken dat hulle die beste speler op daardie bord van die toernooi was! Baie geluk aan Leané Barnard en Leja Moolman met hierdie besonderse prestasie.
Ons o/13-dogters eindig 7de uit 11 skole.
Julle maak ons baie trots!
Baie dankie aan die borge wat aan hierdie dogters en beamptes hempies geborg het:
Steyn en Janke van der Merwe,
Martia Dippenaar en Jimmy en Maidene Barnard. Dankie ook vir die inisiatief met die voorstel en die insette met die ontwerp.
