Sekretaressedag 2025

Laerskool Blanco is so gelukkig om Tannie WIlma en Tannie Elydia by ons skool te hê!
Albei van hulle is passievol oor ons skool en toegewyd aan ons skool.

Baie dankie vir elke vriendelike glimlag, geselsie, hulp, pleister wat geplak word, motivering wat gebied word, sent wat getel word, gebede waarvan ons nie eers weet nie en natuurlik die omgee vir elke leerder, ouer en personeellid by ons skool.

Ons sou beslis verlore wees sonder julle! Weet op hierdie dag, dat ons julle vir niks in die wêreld sal verruil nie.