Blanco Laerskool spog met kampioene!
Drie van ons talentvolle leerders het die naweek aan die Titan Kampioenskap deelgeneem – ’n groot jaarlikse go-kartresies aangebied deur George Karting. Elkeen van hierdie leerders het ʼn plek op die podium verower!
1ste plek het Franco Lotz die Development B-klas losgery.
1ste plek het Skylar-May Combrink die Development A-klas, en
ʼn 2de plek is deur Lihan Combrink haar jonger broer behaal
In die.
Ons is ongelooflik trots op hierdie drie kampioene en hul uitstaande prestasies in motorsport. Julle wys dat deur harde werk en deursettingsvermoë, groot dinge moontlik is!
