OOS-KAAP TOER 2025

Die o/13- rugby- en netbalspan het vandag vertrek op hul toer na die Oos-Kaap. Hulle gaan deelneem aan ‘n toernooi by Laerskool Gamtoosvallei.

Graag bedank ons die volgende rolspelers wat hierdie toer n moontlikheid vir die kinders kon maak:
DMC Consulting, Valumax, Silvercross Schoolwear, 34 Degrees South, Dirk Wessels, Ouers van Blanco

Ons glo die kinders gaan hierdie ervaring baie geniet en die skool se naam hoog hou orals waar hulle gaan.
Veilig reis!