BUITESPORT Gimnastiek – Mieke Meyer

Mieke Meyer het in Stilbaai deelgenaam aan die EDEN-distrik uitdunne vir ritmiese gimnastiek.
Sy kry 4 goue medaljes!
🥇vir haar dansroetine
🥇vir haar balroetine
🥇vir haar touroetine
🥇en ‘n algehele eerste plek in EDEN
Met hierdie spogprestasie kwalifiseer sy om deel te neem aan die Wes-Kaap Kampioenskappe.
Baie geluk Mieke, ons is trots op jou.