Pre-Primêre Gradeplegtigheid 2023

‘n Week gelede was dit ons pre-primêre gradeplegtigheid. Dit was ‘n spog geleentheid met die maats, ouers, oumas en oupas wat pragtig gelyk het. Ons kon hulle opgewondenheid nie demp nie.
Die maats gaan nou “grootskool” toe en word met Deuteronomium 31:6 uitgestuur: “Hou moed en wees dapper! Moenie bang wees nie, moenie vir hulle skrik nie, want die Here julle God gaan saam met julle. Hy sal julle nie in die steek laat nie, julle alleen laat nie”.

Op hierdie ouderdom is die maats geneig om te dink hulle is die slimste, die sterkste en die vinnigste. Ons wil hierdie dapperheid en selfvertroue nooit laat verlore gaan nie en hoop dat hulle deur hulle skoolloopbaan sal gaan met die wete dat God saam met hulle sal wees.
Baie geluk julle, ons hou julle ontwikkeling met afwagting dop!

 

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *