Beroepe – week 1, dag 4

Daar was groot opwinding by die pre-primêr vandag. Ons sluit ons beroepe instappies op ‘n baie hoë noot af:
Die munisipaliteit kom kuier en sny ‘n paar takke af.
‘n Siviele Ingeneur kom kuier en vier sommer Bok-Vrydag saam.
‘n Entrepreneur met sy eie “signage and printing” besigheid kom kuier.
‘n Fotograaf kom kuier en vang vandag se herinneringe op ‘n foto vas.
En ons sluit die dag af met ‘n kort rit in die Blanco-Bokkie-Bussie wat deur Sign Worx Pro mooi gemaak is en deur ons eie busdrywer, juffrou Anzel, bestuur is.
Ons sien uit na wat Week 2 van Beroepe vir ons gaan bring.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *