BAIE WELKOM BY DIE BLANCO-FAMILIE, JUFFROU ZENA!

Dit is vir Laerskool Blanco ‘n groot voorreg om Juffrou Zena Celliers vanaf volgende kwartaal as ons nuwe Graad R-onderwyseres te verwelkom.
Ons sien uit daarna dat sy deel word van ons skoolgemeenskap en haar passie, kennis en liefde vir kinders met ons jongste leerders sal deel. Ons is oortuig daarvan dat sy ‘n waardevolle bydrae tot ons skool en ons Graad R-klas sal lewer.
Juffrou Zena, mag hierdie nuwe hoofstuk gevul wees met vreugde, mooi herinneringe en groot seëninge. Ons wens jou alle voorspoed toe en vertrou dat jy gou tuis sal voel by Laerskool Blanco.
Welkom by die Blanco-familie – ons is opgewonde om saam met jou die verskil in kinders se lewens te maak!