GELUKWENSING – Juffrou Jani Trou
Juffrou Jani en haar man Reynier is Saterdag, 28 Maart in die huwelik bevestig.
Baie geluk aan Mnr. en Mev. Van Rooyen!
Mag nie net julle gesigte nie, maar julle harte ook altyd glimlag. Moenie dat die daaglikse dinge julle laat vergeet van die klein dingetjies wat liefde laat groei nie. Maak tyd vir mekaar, raak elke dag meer verlief! Gee julle lewens oor aan Jesus, laat Hy die fondament van julle huwelik wees.
Johannes 13:34
‘n Nuwe gebod gee Ek julle: Julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefgehad het, so moet julle mekaar ook liefhê.
