Maandag Motivering – 16 Maart 2026

Goedheid is iets waarvan almal hou en wat niemand iets kos nie.

Psalm 23 vers 6 herinner ons daaraan dat God se goedheid vir almal beskore is, “U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.”

Deel dit dan ook sonder koste uit aan ander, dit vermenigvuldig net soveel meer wanneer dit gedeel word.