Maandag Motivering – 01 Desember 2025
Ons hoor dikwels dat eerste indrukke blywend is. Ons vergeet soms dat daardie indrukke nie net oor voorkoms gaan nie. Die innerlike maak gereeld ‘n groter indruk as die uiterlike. Werk dus harder daaraan om die innerlike mooier te maak, sodat ander dit ook kan ervaar.
