Hemelvaart 29 Mei 2025

Wat ‘n voorreg om ‘n goeie verhouding met Blancogemeente George te hê. Dit was so lekker om vanoggend die voorreg te hê om stil te word en hierdie spesiale dag te gedenk.
Dankie vir die herinnering dat ons kan weet “Jesus is nie weg nie – Hy is nou ook hier” en op al die plekke waaraan ons kan dink.
Ons leerders het die geleentheid gehad om spesiale plekke neer te skryf waar hulle graag wil hê die Here teenwoordig moet wees.
Ons is daaraan herinner:
1. Dat ons moet HOOP hê – Jesus kom weer!
2. Dat ons GEHOORSAAM moet wees – ons opdrag om ander te vertel.
3. Hou MOED – ons het KRAG!
Handelinge 8
Al wat julle moet weet, is dat God met SY groot krag in julle lewe sal werk wanneer die Heilige Gees na julle toe kom.