Maandag Motivering – 16 Feb 2026

Doelwitte en drome is deel van ons visie vir elke leerder by ons skool. Daarom is dit nodig dat ons die voorbeeld stel deur elke dag ons drome met hulle te deel. Om hulle te motiveer om GROOT te droom.

As ons hulle nie aanmoedig en ondersteun nie, sal hulle nie aanhou om te glo dat hulle drome ook waar kan word nie.

Hou aan glo, hou aan droom.