ONDERWYSERSDAG 2025

Laerskool Blanco is bevoorreg om onderwysers / opvoeders te hê wat meer as die ekstra myl loop met ons leerders. Vandag bring ons aan elkeen van hulle hulde.

Baie dankie vir u toewyding, omgee en liefde vir ons leerders en ons ons skool.

‘n Gedig vir ons onderwysers

Hulle wat ons kinders leer
en hul gedagtes met feite en idees fatsoeneer,
wat deel in hul prestasies.
Hulle wat raad gee en
‘ n liefde vir kennis inspireer.
Waar hul waarheid die pad verlig,
waar die jonges nog moet leer.
Want die toekoms skitter blink,
met elke les en elke glimlag wat hulle verleng.
Nooit doen hulle minder as hulle bes,
met elke doel wat hulle help bereik.
Want die opkoms van menige digter, koning of filosoof, het begin met ‘n onderwyser
en die wysheid wat hulle bring.
– Anoniem