Maandag Motivering – 25 Augustus 2025
Jou optrede teenoor mense waarmee jy elke dag te doen kry, sê baie meer as die kwalifikasie wat jy verdien het.
Alle mense, of jy geskoold of ongeskoold is, wil graag met waardigheid hanteer word.
Help ons dus om vir ons kinders te leer dat jou uiterlike en materiële waarde niks beteken, as jou innerlike nie mooi is nie.
