Maandag Motivering – 04 Augustus 2025
Met goedhartigheid as een van ons waardes waarop ons hierdie kwartaal fokus, is goeie dade teenoor ander iets wat ons beslis kan aanbeveel.
Dis die klein goedjies wat iemand doen wat ‘n groot indruk laat. Probeer gerus om doelbewustelik ander in ag te neem en te help.
