Lekker Verjaar saam met Juffrou Estée – 17 April 2025
Daar is lekker navorsing gedoen om uit te vind wat Juffrou Estée se stokperdjies is en so het sy dit saam met die leerders vanoggend gevier.
Baie dankie aan al die Personeel en ouers wat al van vroeg af by die skool besig is om die dag vir Juffrou Estée spesiaal te maak.
Liewe Estée,
Teresa van Avilla het eenkeer geskryf:
“Mag daar vandag vrede in jou binneste wees.
Mag jy God vertrou dat jy is waar jy bedoel is om te wees.
Mag jy nie die eindelose moontlikhede vergeet wat gebore word uit geloof nie.
Mag jy die gawes gebruik wat jy ontvang het, en die liefde deurgee wat aan jou gegee is.
Mag jy tevrede wees met alles wat God aan jou toevertrou.
Mag jy God se teenwoordigheid toelaat om in jou beendere te rus
en …
Gee jou siel die vryheid – om te sing, te dans, te prys en lief te hê.”
Hierdie skrywe is ons hartswens vir jou, liewe Estée.
Dankie vir jou menswees wat ons almal se lewens verryk.
Mag ons nog baie verjaarsdae saam met jou vier – om oor al die gisters, vandag, en die dae daarna, saam te dink en saam te lag.a