SWD Krieketspelers

Laerskool Blanco is baie trots op ons twee SWD krieketspelers.
Leagan Fortuin het die afgelope naweek vir die o.11 span gespeel en spog met ‘n kolfbeurt van 124 nie uit nie.
Johalin Oosthuizen speel tans in die o.13 toernooi en het al reeds in sy eerste wedstryd 4 paaltjies geneem. Sterkte vir vandag se wedstryd ook, Johalin.
Geluk seuns, julle hou ons naam hoog!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *