Kersfeesboom 2023

Geskenke met Kersfees en almal is bly!
Maar het jy die grootste geskenk al gekry?
Die grootse geskenk kom uit Bethlehem kinders, hoor jy Sy stem, dis mos Kersfees nou. Daai grootste geskenk hou jy diep in jou hart en Hy dra al die smart, Hy’s van Bethlehem.
Laerskool Blanco se kruis is versier met liggies en kersversierings en daar is ‘n opgewondenheid wat heers by leerders en personeel. Ons sien uit na Kersfees, na die feesvieringe en geselligheid wat dit bring, maar die Blanco Bokkies bly geanker in geloof en die ware boodskap van Kersfees. Hierdie kruis dien as herinnering aan elkeen van die bokkies en ook aan elkeen daar buite.
Die seun van God het mens geword, Sy bestemming was die kruis, Sy doel was liefde, Sy rede was jy.
Mag almal ‘n Geseënde Feesseisoen beleef!
(Lirieke: Geskenke met Kersfees (A.P. van der Colf) & Geskenke uit Bethlehem (Lianie May))

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *