Eden Kleure vir ons Bergfietsryers

Twee van Laerskool Blanco se bergfiets atlete was die afgelope naweek by die Eden Kleure Prysuitdeling.
Ella Barnard in gr7.
Sy sluit haar Laerskool fietsry loopbaan by ons af op ‘n pragtige hoogtepunt met Eden Kleure in SEWE dissiplines, asook die “Nuweling van die Jaar” -toekening.
Baie geluk Ella en baie dankie dat jy ons skool se naam so ver uitgedra het!
Ons is trots op jou en hou jou HoĆ«rskool loopbaan graag dop…
Michelle Malan in gr5 met haar toekening vir Eden Kleure in die XCO dissipline.
Baie geluk Michelle, ons hou graag jou ontwikkeling in die volgende twee jare by Laerskool Blanco dop!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *