Blanco bokkies presteer in Balet

Die volgende leerders van die ‘Abbi Geldenhuys Academy of Ballet’ het uitmuntend gevaar in hulle Cecchetti Ballet eksamens in Oktober.
Hulle almal het onderskeidings (Gold – 80-100%) gekry en is op Internasionale standaarde gemerk aangesien Cecchetti ‘n Italiaanse vorm van Balet is.
Shaney Strydom (Gr. 1), Ivanke Barnard (Gr.1) en Mia van Zyl (Gr. R): Cecchetti Pre Primary exam – Distinction.
Karlien van Zyl (Gr. 3) en Marizaan Barnard (Gr. 3) Cecchetti Test 1 – Distinction.
Baie geluk julle! Ons is trots om te sien dat ons Blanco Bokkies in verskeie velde uitblink.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *