o/13 Krieketspan speel teen Thyholora

Ons o/13 krieketspan het Maandag teen Thyholora gespeel. Die spelers het elkeen die geleentheid gekry om te kolf en te boul. Blanco wen die wedstryd gemaklik met 110 lopies.
André Meintjies en Chaela Jonck word aangewys as die spelers van die wedstryd.
Die o/13 span speel vandag hulle laaste wedstryd van die seisoen teen Laerskool Laurus op ons veld. Ons moedig alle ouers aan om hierdie wedstryd te ondersteun.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *