o/13 Krieketspan speel die naweek teen Laerskool Laurus

Die o/13 krieketspan het die afgelope naweek deelgeneem by Laerskool Laurus se ses aan ‘n kant toernooi.
Na 5 wedstryde het die span 3 oorwinnings behaal teen Laerskool Laurus B, Milkwood Primary en Niko Brummer.
Ongelukkig verloor die span hul 6de wedstryd in die skild finaal teen Niko Brummer, met 2 lopies.
Baie dankie Laerskool Laurus vir die goed georganiseerde dag. Ons spelers het dit baie geniet. Dankie aan al die Blanco ouers wat ons span kom ondersteun het op die dag.

Op die feature foto van links na regs:
Agter: Wian van Tonder, Tyler Magotha, André Meitjies, Johalin Oosthuizen
Middel: Chaela Jonck, Leagan Fortuin
Voor: Markus Herholdt, Mnr. Werner du Plessis, Ewald Terblanche

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *