o/13 Krieket vs. L/s Laurus

Die o/13 krieketspan het vandag teen Laerskool Laurus gespeel.
Laurus teken 168 lopies aan na 20 boulbeurte en Blanco 137 na 20 boulbeurte.
Ongelukkig verloor die span met 31 lopies, maar het tot die einde veggees gewys.
Johalin Oosthuizen, 50 lopies nie uit nie, en Ewald Terblanche, 44 lopies, het skitterend gekolf.
Luke Griewelaar was die beste bouler met 2 paaltjies vir 18 lopies afgestaan na 4 boulbeurte.
Hierdie span het ‘n uitstekende seisoen gehad. Ons skool is baie trots op elke speler en bedank al die ouers vir hulle ondersteuning tydens die seisoen.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *