Fietsry Afsluiting 2023

Die fietsryers het ‘n heerlike afsluiting gehad gister aand. Die leerders het ‘n “night-ride” saam met Meneer Johan gedoen vanaf Leentjiesklip – strandlangs.
Die ouers het lekker piekniek gehou en ‘n paar pa’s het saam gery.
Dankie vir ‘n goeie seisoen julle, vir julle getroue bywoning van die oefeninge en die goeie gees waarmee julle elke byeenkoms aangevat het. Ons sien uit om te sien wat julle volgende jaar gaan bereik.
Dankie aan Meneer Johan wat hierdie leerders so goed ontwikkel en ook aan elke ouer wat daar was om die leerders te ondersteun en by te staan.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *