Blanco Bokkies – Voortrekkers 2023

Baie geluk aan al die Blanco-Bokkies wat deel is van die George Voortrekker Kommando en die volgende bereik het:
Graad 1: Emma van der Merwe – Verwerf die volgende spesialisasies in span verband :
  • Kind van Jesus
  • Noodhulp
  • Sy woon ook die Kommando Kamp en Suid Kaap see kamp by waar sy die Dias en See Pret spesialisasie verwerf.
Graad 4: Nica-Mari du Toit, San tomi Coetsee, Minke Herholdt, Lienke van der Merwe, Melandi le Roux -Verwerf die volgende spesialisasies in span verband:
  • Touwerk
  • Noodhulp
  • Handwerk
  • Groepspele
Lienke, Nica-Marie en Minke woon die Suid Kaap see kamp by waar hulle die Seekennis spesialisasie verwerf.
Lienke en Minke woon Kamp Miernes by waar hulle die Sang en Groepspele spesialisasie verwerf.
Graad 7: Markus Herholdt
Slaag voorslag toetsing met ‘n Goue toekening. Dit is die hoogste toekening aan ‘n Graad 7 Voortrekker wat die teoretiese en praktiese eksamens slaag wat handel oor al die Laerskool loopbaan se werk wat hulle geleer het.
Hy verwerf ook die volgende spasialisasies:
  • Waterbewustheid
  • Anglo Boereoorlog
  • Padda Identifisering
Ons is baie trots op julle, wel gedaan!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *