Maandag Motivering – 30 Oktober 2023

Die afgelope naweek het die Springbokke geskiedenis gemaak! Met dit in gedagte hierdie week se motivering.
Siya Kolisi, die Springbokspan se kaptein, het in ‘n township groot geword, maar met harde werk, geloof en deursettingsvermoë het hy elke geleentheid aangegryp en kon hy deel wees van hierdie groot gebeurtenis.
Onthou hierdie week dat jou huidige omstandighede en geskiedenis nie jou toekoms hoef te bepaal nie, leef om te wees wie jy wil wees.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *