Wêreld Onderwysersdag 2023

Op 5 Oktober was dit Wêreld Onderwysersdag. Die personeel het gedink dat dit genoeg waardering is dat hierdie dag in die vakansie is en hulle die dag kon “af” hê, maar toe nou nie. Wat ‘n wonderlike verrassing was dit nie toe elkeen vanoggend met ‘n sak vol bederfies in ons hokkies en later ‘n waarderingsbesoek van Frogfoot bederf was nie.
Jill Biden het gesê: “Teaching is not a job. It’s a lifestyle, it permeates your whole life”. En dit is ook waar van Laerskool Blanco se onderwysers. Onderwys is ons leefstyl en dit is ‘n voorreg dat ons die kans gegun word om ‘n verskil in kinders se lewens te maak. Dankie dat julle dit raaksien, ons motiveer en ondersteun en dankie aan Laerskool Blanco en frogfoot vir die geskenkies en besoek ons waardeer dit opreg.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *